Kleinste Dorpie in Wes Kaapland presteer internasionaal

 

Vanrhynsdorp: Die Weskus dorpie spog die afgelope  jaar met gereelde buitelanders wat hier kom kers opsteek.

Die afgelope vier jaar, nadat die SA Leer Akademie waar mense kan leer om leer produkte totaal met die hand te maak, platteland toe getrek het

En sedertdien het mense van Dubai, België, Zimbabwe, Brasilië, Namibia en Botswana al die pad hiernatoe gekom om opgelei te word deur een van Suid Afrika se top opleiers in leer handwerk.

Die SA Leer Akademie, gestig in 1983 deur Frik van Jaarsveld, het vier jaar gelede Vanrhynsdorp toe getrek om daar in rus en vrede opleiding te gee.

“Ons maak leer produkte op dieselfde manier wat leer meesters in die vorige eeu dit gedoen het. Ons maak meeste van ons eie gereedskap en stik alles met die hand”, aldus Frik.

 

Sema Raditgadi van Botswana besig om ‘n gordel te stik en ‘n finale handsak

SALA, soos die Leer Akademie bekend staan, het ook Suid Afrika se enigste handleiding in leerwerk opgestel.

Leer werk kursusse neem tien dae en daarna kan suksesvolle leerlinge produkte van internasionale gehalte maak.

Omdat die kuns van handgemaakte leer produkte besig was om uit te sterf het die grootste maatskappye oorsee opgehou om handgereedskap te maak en meeste van die gereedskap word nou in die Ooste vervaardig.

 

So lyk ‘n handgemaakte briewetas

Volgens leer handwerkers is die gereedskap van ‘n swakker gehalte, breek maklik en is moeilik om te vervang.

Die Akademie het verlede jaar met navorsing en ontwikkeling begin en maak tans vir elke student ‘n basiese stel gereedskap waarmee hulle tuis kan begin werk na die kursus.

Volgens Frik het die Akademie die afgelope 30 jaar reeds sowat 200 mense aan die kuns bekendgestel en doen elke maand ten minste een kursus.

 

Kreatiewe handsak

“Almal kan nie Vanrhynsdorp toe kom vir tien dae nie. Daarom gaan ons ook gereeld na die ander groter sentra in Suid Afrika om kursusse aan te bied.

“Ons was verras die afgelope twee jaar om aansoeke te kry uit Dubai, Zimbabwe en veral toe ‘n vrou van België ook by ons kom opleiding ontvang. Ons hanteer tans navrae vanaf Kenia en die res van Afrika.

Een van ons studente is op pad Portugal toe om vandaar Suid Afrikaanse leer goedere te verkoop.

To view Company Profile and Coursesclick here

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

CAPTCHA * Time limit is exhausted. Please reload CAPTCHA.